Speel en Leer
Vir Kleuters
Bienkies is ’n prettige interaktiewe platform wat vir kleuters geskep is, om nuwe vaardighede aan te leer, terwyl hulle pret het om na video’s te kyk en speletjies te speel.
Vir wie is die Bienkies geskep?
Bienkies is spesiaal ontwerp vir kleuters om hulle te help, om belangrike vaardighede op ’n prettige en interaktiewe manier aan te leer, met nuwe inhoud wat gereeld bygevoeg word.
Deur op die knoppies van die Bienkies te klik, lei die videos die kleuters om hulle so te help om selfstandig deur die inhoud te werk, aangesien hulle gewoonlik nog nie kan lees nie.
Kleuters leer terwyl hulle na video’s kyk, luister en die klanke aan te leer en speletjies te speel. Die vrae in die speletjies word outomaties beoordeel en ’n verslag is beskikbaar vir elke voltooide speletjie wat gespeel is.
Die beskikbare hulpbronne sluit die volgende in:
Meer as 500 speletjies.
Duisende vrae.
Meer as 200 drukbare werksvelle.
Honderde video’s.
Deurlopende assesserings.
Verdien belonings.
Die Bienkie-bere is altyd daar om die kleuters te vergesel om deur die inhoud van die program te werk.
.
Watter onderwerpe word gedek?
Daar is baie onderwerpe om van te kies, met nuwe onderwerpe wat gereeld bygevoeg word.
Kleuters sal leer:
- Die alfabet van a tot z – hulle sal die klanke leer, asook hoe om letters en woorde te lees en te skryf.
- Getalle van 1 tot 20 – hulle leer om vorentoe en agtertoe te tel, optel- en aftreksomme te doen, en hoe om die getalle en getalwoorde te skryf.
- Kleure – hulle leer die primêre kleure en hoe om die name van elke kleur te skryf.
- Vorms – hulle leer oor verskillende vorms en hoe om die name van die vorms te skryf.
- Ander onderwerpe sluit in: tyd, dae, maande, seisoene, my liggaam, sintuie, grootte, patrone, posisie, vergelyk, klassifiseer en legkaarte.
- Drukbare werksvelle vir ekstra oefening.
Verdien belonings
Terwyl hulle na video’s kyk en speletjies speel, ontvang kleuters belonings vir die aanleer van nuwe vaardighede.
Soos hulle vorder, word hulle beloon met munte, edelstene en kentekens.
Namate hulle meer munte verdien, kan hulle na die volgende vlak vorder deur dit met die vereiste aantal munte oop te sluit.
Munte
Kentekens
Edelstene
Vlakke
Verdien belonings
Terwyl hulle na video’s kyk en speletjies speel, ontvang kleuters belonings vir die aanleer van nuwe vaardighede.
Soos hulle vorder, word hulle beloon met munte, edelstene en kentekens.
Namate hulle meer munte verdien, kan hulle na die volgende vlak vorder deur dit met die vereiste aantal munte oop te sluit.
